![]() |
JCR SA Intercultural Exchange Programs |
![]() |
From: Pierre Roux
Sent: Friday, November 09, 2001 2:55 PM
Subject: Die eerste sneeu het begin val.........
Die eerste ervaring van sneeu is alreeds beleef.
Hallo daar aan almal in die warm sonnige Suid-Afrika. Ek hoor maar so deur julle
mails dat dit al die hele tyd reen daar by julle. Jammer julle het so lank trug
van my gehoor maar ons is baie bedrywig aan hierdie kant. Dit het vanoggend so
teen 7uur hier by ons in die noorde begin sneeu en ek was baie opgewonde om dit
als te sien en ook vir die eerste keer te beleef. Dit is werklik iets
anders om te sien as al die wit flokkies so van die hemel
afgeval kom. Dit het wel al 10km verder van ons af erg begin sneeu en als is toe
onder 'n mooi wit kombers. Hulle het oor die nuus vanoggend gese dat hulle
verwag teen volgende week dat als hier by ons ook so wit sal wees.
Nie eers 'n paar minute na ek dit gesien het , toe het Marlize my ook gebel om
te se dat dit daar by haar ook begin het. Sy kon ongelukkig nie uitgaan en
dit visies ervaar nie want sy het met 'n huis vol kinders gesit. Simpel ek
het toe buite gaan staan en dit het nie veel gehelp vir die blerrie verkoue
wat ek alweer het nie. Daar is al 'n hele paar van die plekke wat toe
gesneeu is en die plekker lyk ook sommer dan anders.
Daar is nog regtig baie wat gedoen moet word maar ons kom so stuk vir stuk
by alles uit. Natuurlik maak ons nog lekker baie tyd vir al die FUN dinge en
soms vat dit soms die oorhand en dan kom ons nie by alles uit wat ons moet
en wil doen nie. Die man wat ons huis toe op die ou einde gekoop het is die
bankbestuurder van Volkswagen Braunschweig en die het vir Karin 'n stewige
bedrag vir die huis aan gebied. Hy wou al graag ingetrek het maar hy sal
moet wag tot die 8ste wanneer my huidige familie daar nie die suidelikke dele
van die aarde beweeg nl. Suid-Afrika. Wel hulle almal Baie opgewonde is
oor die trekkery het ons al 'n hele paar sad oomblikke beleef. Dis baie
sad vir my dat hulle moet trug gaan maar wat sal 'n mens maak. Soos ek se
dit gaan my hele experience net nog groter en lekkerder maak. Ek het
vanoggend weer 'n brief van die volgende Hostma afgekry met foto's van die
kinders
en meer oor die gesin self. Dit klink of hulle net so 'n interisante
familie kan wees en ek bly positief oor die hele storie. Daar het al 2
20foot containers by ons aangekom en daar is klaar goed in gepak. Die hele
keller in die ingangsportaal se goed is in. Met al die speelgoed wat die
kinders het sal dit seker 'n lnag tyd vat om al hulle goed ook gepak te
kry en met die dat Nina se bed nog 'n slide en al aan het gaan dinge tyd
neem.
Gelukkig doen ons nie alles self nie want hulle het mense van een of ander
pak plek gekry om te kom help. Maar nou genoeg oor dit. Ek kan amper nie eers
glo dat daar al so baie tyd verby is nie. Kan julle glo dat ons al 3
maande hier is en al wat ek nog kan se is dat die hele experience sover
baie lekker en interresant was. Al is die tyd saam die familie nog so min
geniet ons elke oomblik baie en maak net die beste daarvan. Ek maak behoorlik
kaans van elke geleentheide want ek wil glad nie spyt wees oor enige iets
wat ek kon doen en dit toe nie gedoen het nie.
Boonop gaan ek more vir Marlize kuier en ons altwee sien regtig baie daarna
uit. Ons gaan ook darem FINALLLLLLLY Parys oor die naweek saam die ander
Au-pairs sien en is ook baie opgewonder daaroor. Ek dink dit gaan nogal
lekker wees om tyd saam die ander Au-pairs te spandeer en te hoor wat hulle
het om te se. Ek dit ook dat dit baie interresant kan raak veral met my en
Marlize in die omgewing. Dit was mos gistraan die Mtv Music Awards en dit
was great om 1 van die partys by te woon. Natuurlik sien 'n mens baie
snaakse mense maar dit was so cool om al daai Music Stars in werklikheid te sien
en om te weet dat hulle baie naby aan jou is.
Soos ek gese het, deur al die bedrywighede hier by die huis maak ons
nogsteed tyd om lekker fun dinge te doen en te sien. Die mense Travel
ongelooflik baie en al is dit nie altyd uit Duitsland nie gaan ons na Baie
mooi plekke hier naby ons en ook dan soms verder op in die noorde.
Natuurlik is die tyd net te min om als te doen wat 'n mens wil doen so jy moet
maar elke geleentheid aangryp en die beste daarvan maak en glo my ek doen
dit behoorlik. Ek en Karin sit deesdae so lekker en chat, dat ons soms
skoon van tyd vergeet en dan moet daar maar gespark word om als te doen
wat gedoen moet word. Ons kan so lekker saam lag en die vrou het my al
haar hele geskiedenis vertel, even hoe sy en Gideon mekaar onmoet het en
die hele toetie. By the way, hy kom woensdag weer tryg so sy is soos ek
wat weer vir Malize gaan sien. Ek dink die arme vrou verlang baie maar ek
dink dis lekkerder om net saam 'n Hostmom te bly. Sy is werklik baie nice gewees
deur my hele tyd hier en ons het lekker met mekaar geklick. Sy het even my
Parys toer en die trein kaartjies na Marlize betaal en ook 'n jas gekoop
vir die winter. Sy se dis net om sover Dankie te se vir alles wat ek al
vir haar en die kinders gedoen het.
Die koue blameer ek natuurlik op ons Burgemeester want daar word jaarliks 'n
fees gehou om te se die winter gaan nou begin en wragtig die volgende dag
het ons begin om te k%k van die koue. Hulle het ook die hele Duitsland se
horlosies met 1uur trug gedraai so ons tyd is nou met 1uur verskillend van julle
sin. Hulle het die simpel ou man gemaak om een van die grootste bome
in Braunschweig in die Scholss Park met 'n handsaag af te saag. Ek het omtrent
gele soos wat ek gelag het want die arme man het regtig gesukkel en boonop het
die boom amper op hom geval. Almal het orals met Lanterns rond geloop en
natuurlik weer met hulle duitse giere begin om bier te drink. Hierdie mense
drink wragtig moer baie bier maar ek moet se dat daar 'n lekker feestelikke
atmosfeer in die hele stad was.
Die opsigter se vrou het gister vir my die lekkerste swart tee gebring met
koekies en die hele lot. Sy voel so sleg elke keer as ek siek word en sy
blameer alles net op die koue simpel weer van Duitsland. Sy sukkel ook nou nog
om te verstaan dat m naam Pierre is en nie Paul nie. Ek dink die beste manier om
van jou siekgyt ontslae te raak in om op 'n lekker shopping spree
te gaan in Diesel en daarna saam 'n paar vriende na 'n lekker warm club te
gaan. Nie dat dit enigsins al gehelp het nie maar die memories is daar en die
siekte is sommer beter. Ek het al die hele week middag af gehad aangesien ek
siek is om dan maar by die huis te gaan slaap, maar dink julle ek het by die
huis gebly - nee, eerder mos in die shops gaan ronddrentel en toe net weer
siek begin raak.
Karin het haarself alweer uit die huis uitgesluit. Ons deure sluit
automaties en toe sy uitgaan om iets in die kar te gaan haal toe waai die
wind die deur toe en toe moes sy eers die locksmith bel om die ding te kom
oopmaak. Na 'n lang ruk se gewag het sy darem wer in die huis ingekom en toe sy
my nel om al die dinge te vertel het ons altwee behoorlik gele soos wat
ons gelag het. Dieselfde dag het ons juis oor dit gepraat toe sy my vertel
dat ek moet versigtig wees as die wind waai want anders gaan ek nie kan
trug inkom nie. So raai wie maak van nou af seker dat daar iets is voor
die deur as hy uitgaan. Ek wil defnitief nie in hierdie koue buite sit nie
want jy sal letterlik in jou wakkergeid toe fries.
Ek's nog pure South-African. Ek en 'n paar vriende gaan kyk gerelld sokker en
dit maak 'n mens sommer verlang na 'n lekker Rugby game. Ons moes ons stad se
span nl Eintracht gaan onderstue toe hulle in Wenden gaan speel het en natuurli
het hulle alweer 4 - 0 gewen. Die atmosfeer in die sokkker stadiumsis regtig
lekker. Ek geniet dit om die sokker games te gaan kyk saam die pelle en
het niks om oor te kla want dis behoorlik 'n fees. Vlae wapper, mense sing
liedjies en dan weer word die bier maniere uitgehaal en gewoonlik na so 'n
outing en aksie voel ek ook mos sommer nes 'n bier. Alhoewel die bier nou
nie my tipe drink is nie moet ek se die bier is baie lekkerder hier as daar by
julle en hy gaan redelik goed af na die 3de een.
Ek het 'n bietjie gaan hare sny om 'n bietjie van al die wol langs die ore
ontslae te raak maar plaas hou ek die blerrie wolle vir die koue weer en
wind wat hier waai. Dit was defnitief een van die dae wat ek nooit sal
vergeet nie, want toe ek daar uitstap kon ek letterlik myself in 'n muur
inspyker soos wat die vrou my hare gegel het. Ek kon daar hang as die
Original Pierre van Picasso, so nou kan julle julleself imagine hoe gespike
was hierdie kop van my. Nie dat dit iets is om oor te lag want ek moes
daarna jaag vir die naaste kraan. Ek het net die hele tyd gebid dat Karin
nerens andres wil gaan met my wat so lyk. Dit was behoorlik nou iets wat ek
nie gou wil beleef.
Ek en die 2 seuns is besig om 'n model skip aan mekaar te sit en ek moet
se dat dit nogal heel goed uitkom. Behalwe dat die parte baie klein is en
ek is mos nou nie so geseend met oe nie. Die ding se naam is die Gorge
Fock, wie aan daai naam gedink het was seker nie lekker in sy kop nie. Die
regte een staan in Hamburg se hawe en daar word mense opgelei vir die
floot. Ons het ook operasie "haal klei van die mure af" gehad
nadat ek en Nina klei potte gemaak het en sy die draai tafel op die vinnigste
spoed gesit het. Die speel kamer het om die einde van die dag nes 'n regte
mudbath vir varke gelyk, natuurlik net met klei orals gespat.
Dit is volgende sondag die seuns se verjaarsdag en daar is al klaar wbegin
beplan daaraan want Karin doen alles moet groot moeite en sy spoil regtig
die kinder baie. Darem is hulle pa hier om ook te help aangesien ek dan oor
daai tyd in Parys is.
Ons het mos ook Halloween gehad en dit is nogal groot hier. Van jonk tot
oud dress vir die ocassion. Party ou mense hoef nie iets aan te getrek het nie
want hulle is mos so gepleister van plooi dat hulle van nature soos Hekse
lyk. Ek het saam die kinder gaan trick or treat speel en daarna is ek en 'n
paar vriende na die Techinics Sound Station vir ons Halloween party. Dit
was flippen lekker maar moes die volgende oggend vroeg wakker wees om weer
te gaan werk. Darem het die panados goed gewerk so die dag het goed
verloop.
Die busryery was natuurlik weer 'n kodak moment toe die bus gebreek het.
Almal was baie moerig oor die hele storie maar ek het lekker gestaan en lag.
Nee moenie worry, ek darem nie weer van die bus afgegooi nie.
Ek was in Wolfsburg gewees by die Autosatd en dit was cool om te sien hoe
karre aan mekaar gesit word en die hele storie wat daarmee gepaart gaan. Daar is
nog soveel wat ek julle wil vertel en met julle deel maar die tyd loop en ek
moet nog 'n paar dinge gaan doen voordat ek daar na Malize toe gaan.
Stuur Groete en Liefde aan almal wat julle sien en geniet die lekker
sonnige weer.
Pierre