JCR SA Intercultural Exchange Programs

Go Back to the Gallery

Go to the German Information Page

From Henlu Jacobs

Hallo julle


 Nee, nog niks mans hier nie.  Ek sien baie mooi manne,
 maar ek is gewaarsku. 

 Ons was Laas naweek Legoland toe - dis amazing.  Ons
 was Orange County toe.  Ons gaan in Maart Sacramento
 toe of Lake Taho.  Ek gaan vir een van die hostma se
 vriende kuier die einde Maart - hy bly in Santa
 Barbara - ek gaan met die trein.  Ek kan nie meer wag
 nie.

 Dit gaan nog net so dol hier.  Ek dink ook dis goed om
 besig te bly.  Al my vriende is in Engeland.  Ek het
 vanaand weer 'n e-mail gekry van 2 wat in SA is wat in
 Maart Engeland toe gaan.  Plaas hulle kom Amerika toe.
  'n Ou wat saam met my na een van my koshuisdinees toe
 was is in Florida - hy bel en stuur e-mails.  Dis
 lekker om te weet hier is nog iemand wat mens ken.  'n
 Vriendin van my se 2 broers kom ook een of ander tyd.
 Hopelik is hulle hier naby.

 Ons het Maandag weer 'n counselors meeting.  Ek doen
 US Government as 'n kursus en geniet dit baie - dis
 baie interessant.  Ek skryf na elke hoofstuk 'n toets
 en na 12 hoofstukke 'n eksamen. 

 Wel ek wou net gou laat weet dat dit nog goed gaan.

 Groete aan almal en sterkte!

 Henlu