Hi Julle almal
Wel hier is my vakansie in Kanada ons het eers gister aand laat by die huis gekom en more ry ons alweer Washington DC toe en dan kom ons seker Sondag terug. Kanada was fantasties ek was mal daaroor. Ons het die Vrydag hier gery en deur die hele New York staat op gery na Montreal in Kanada maar toe ons by die border kom 12 uur die nag toe kry ek moeilikheid om oor te gaan. As jy n amerikaner is kan jy net oor gaan maar nie as jy van SA af kom nie toe kos dit mooi praat en n $130 later is ek oor.
Wel dit eerste aand en die tweede het ons in Montreal geslaap dit is so mooi daar dit is n baie groot stad. Ons was by die Notre Dame kerk gewees waar Celine Dion getrou het en ons was by n insektoruim gewees waar ons ook n n toring op gegaan het en ons kon die hele stad van daaraf gesien het dit is soveel anders en so mooi gewees. Die derde aand het ons in Qubec City geslaap dit was vir my die hoogtepunt dit was asemrowend mooi gewees. Dis nog een van die ou stede waar daar n muur om die stad gebou is om dit te beskerm sodat Engeland dit nie kan oor neem nie daar is n groot Kasteel en alles daar was net vreeslik mooi gewees.
Ons was daar ook by n waterval gewees wat baie mooi was Wel die vierde dag het ons in Riviere du Loup geslaap dit is so mooi daar ons het op n Ferry gery met die kar om daar te kom. Wel daar was dit vir my ook vreeslik mooi gewees. Die vyfde aand was ons in St. Anne toe het ons by so ski oord gebly waar hulle ski in die winter net soos op die tv met die kaggel en alles dit was ook baie mooi.
Die sesde aand het ons in Perce in Gaspesia gebly dit was ook vreeslik mooi gewees. Daar is n klip in die see wat n gat in het en as dit laag water is kan jy tot daar loop. Die dorpe was almal langs die strand af gewees die kuslyn van Qubec. Ons het die een aand in New Brunswick n ander provinsie van Canada geslaap en die dag daarna het ons oor gegaan in die USA weer.
Ons het toe n ander roete terug gery toe sien ek 5 state wat ek nog nie gesien het nie. Ons het deur Maine gegaan, New Hampshire, Massathuesats, Rhode Island en Conneticut en toe weer deur New York. Ons het die een aan in Boston geslaap toe eet ons by die restaurant Cheers soos die tv reeks dit was regtig baie lekker om al die plekke te sien wel more ry ons Washington DC toe en dan kom ons Sondag terug ek dink dit gaan ook iets wees om te sien die Withuis en alles. Wel die kinders is natuurlik n handvol maar nou ja!!!!
Wel mis julle sal weer email sodra ek kan!!!!
Wel tot later!!!
Baie liefde Diana